Bafana vertrek vandag na Ivoorkus vir AfconJanuary 11, 2024
Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, glo die span kan goed vaar in die Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika vertrek vandag na die Ivoorkus nadat hy gister sy voorbereidings afgesluit het met ‘n oefenwedstryd teen Lesotho in Pretoria. Die toernooi begin Saterdag met die openingswedstryd tussen die gasheer en Guinee-Bissau. Suid-Afrika begin sy veldtog Dinsdag teen Mali, gevolg deur groepswedstryde teen Namibië en Tunisië. Williams het Suid-Afrikaners gevra om hulle span te ondersteun: