Twee 15’s-spelers maak hul Blitsbokke debuut vir wêreldreeksJanuary 19, 2024

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok Sewes, Sandile Ngcobo, het David Brits van die Cheetahs en Tristan Leyds van die Westelike Provinsie in die Blitsbok-span ingesluit vir die wêreldreeks-toernooi in Perth, Australië. Die groep word aangevoer deur Selvyn Davids en vertrek môre na Australië. Ngcobo het ook die stut James Murphy en die spelskeppers Donovan Don en Ricardo Duarttee gekies. Impi Visser, Justin Geduld, Dewald Human en Rosko Specman kry ʼn blaaskans en sal weer by die span aansluit vir volgende maand se reis na Vancouver en Los Angeles.