VK staar waarskynlik resessie in die gesigJanuary 19, 2024

Kleinhandelverkope in die Verenigde Koninkryk het die grootste daling getoon sedert Januarie 2021 toe Brittanje die Covid-inperking beleef het en inkopiegangers vir Kersfees die gordel styf moes intrek midde-in ʼn lewenskoste-krisis. Verkope per volume het volgens berigte in Desember met 3,2-persent teruggesak, nadat dit in November met 1,4-persent gestyg het, danksy Swart Vrydag-afslag. Die Britse Kantoor vir Nasionale Statistieke sê dit is veel erger as die verwagte afname van 0,5-persent vir verlede maand. Data toon die ekonomiese vooruitsig is baie donker, na die verrassende styging in inflasie in Desember terwyl voortslepende stakings Brittanje waarskynlik in ʼn resessie gaan indwing.