Registreer nou daardie SIM-kaarte!January 25, 2024

Die publiek word aangemoedig om hulle SIM-kaarte te registreer voor 31 Maart, wat die nuwe sperdatum is vir registrasie. Volgens plaaslike media is die lyne tans baie kort by MTC. John Ekongo, die kommunikasiebestuurder van MTC, het weereens die publiek daaraan herinner om voor die sperdatum hul SIM-kaarte te registreer.