Waterskaarste klop aan sentrale gebied se deurJanuary 26, 2024
Die sentrale gebied van Namibië staar ernstige waternood in die gesig en inwoners word versoek om streng by watervraagbestuur-maatreëls te hou. Die gebied sal nie meer genoeg water hê vir sy bevolking as daar vir twee agtereenvolgende seisoene nie beduidende reën val nie, sê NamWater en die Stad Windhoek in ‘n gesamentlike verklaring. Die sentrale damme het Maandag ‘n totaal van net 22,2% water gehad, teenoor 39,9% op dieselfde tyd verlede jaar, aangesien daar tot dusver geen invloei was nie. Die situasie is vererger deur die hitte en die hoofstad se inwoners wat konsekwent watergebruik-teikens oorskrei. Die situasie sal gemonitor word soos die reënseisoen aangaan.