Oorlogsmisdade in SudanJanuary 30, 2024
Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof sê hy glo oorlogsmisdade is deur beide kante in die Darfur-streek van Sudan gepleeg sedert gevegte tussen die weermag en die Rapid Support Forces in middel April uitgebreek het. Karim Khan het met die VN se Veiligheidsraad gepraat na ondersoek in die land uitgevoer is. Hy sê dit is duidelik dat daar gronde is om te glo dat daar misdade ingevolge die Rome Statuut gepleeg word deur beide kante. Hy sê daar is gruweldade wat plaasgevind het en sy span is besig om ’n baie beduidende hoeveelheid materiaal, inligting en bewyse in te samel wat relevant is vir daardie spesifieke misdade.