Biden oorweeg nog opsies na aanvalJanuary 30, 2024

Die Amerikaanse president, Joe Biden, oorweeg steeds sy land se reaksie nadat drie Amerikaanse soldate dood en tientalle gewond is in ‘n hommeltuig-aanval op hul kwartiere in Jordanië. Die Withuis sê Biden en sy nasionale veiligheidspan weeg die keuses op. Dit is nog onseker wie die aanval uitgevoer het, maar Amerika is van mening dit was Irans-gesteunde groepe. Die veiligheidswoordvoerder, John Kirby, sê hoewel dit die eerste dodelike aanval op Amerikaanse soldate in die Midde-Ooste is sedert die aanvalle op Israel op 7 Oktober, was dit nie die eerste poging nie.