Brand by Matroosberg steeds buite beheerFebruary 6, 2024

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê die brande by Brandvlei en Bainskloof is in bedwang gebring, terwyl die brandlyn in die Matroosberg nog buite beheer woed. Die Brandvlei-brand het gisteraand vinnig versprei en die terrein van die Brandvlei-gevangenis bereik. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Anesca Roodt, sê ‘n klein sink-stoorplek is vernietig, maar geen ander eiendom het in die slag gebly nie: