Weet landbou-ministerie van Headspring se uraan-boorwerk?February 13, 2024
Headspring Investments is tans besig met uraaneksplorasie by Leonardville. In 2021 het die landbou-ministerie die eksplorasie permit egter gestop. Weens die kansellasie moes geen verdere boorwerk gedoen word nie. Maar boere en inwoners die Kalahari is bekommerd na onthul is hoe Headspring te werk gegaan het om uraan in die Stampriet gebied te ontgin. Die PDM-parlementslid, Jan van Wyk, het landbou-minister Calle Schlettwein in die parlement gevra of die ministerie bewus is daarvan dat Headspring meer as 600 boorgate sonder die goedkeuring van die regering geboor het. Van Wyk sal volgende week reaksie hierop kry.