Noordwes-student se skorsing oor Jesus & LGBT omgekeerFebruary 14, 2024
AfriForum Jeug het die Noordwes-Universiteit se besluit verwelkom om die skorsing van die finalejaarstudent, Shaun Christie, op te hef. Hy is verlede week geskors, nadat hy die universiteit se eerstejaar-oriëntasie-inhoud openlik gekritiseer het. Hy het gesê besprekings oor Jesus Christus word nie toegelaat nie maar LGBT-besprekings word verwelkom. Die jeugorganisasie se regspan het Christie in sy dissiplinêre verhoor bygestaan. Ronald Peters van AfriForum Jeug sê sy skorsing is gedeeltelik opgehef. Hy mag aan akademiese programme deelneem, maar word nie toegelaat word om die universiteit se openbare geleenthede by te woon nie: