ActionSA sê hy moet Ekurhuleni redFebruary 14, 2024

ActionSA in Ekurhuleni het ʼn mosie van wantroue ingedien teen die burgemeester, Sivuyile Ngodwana, en sy span burgemeesters-komiteelede. Die party-leier in die metro se koukus, Siyanda Makhubo, sê sedert Ngodwana se verkiesing en met die hulp van die ANC, EFF en sewe minderheidspartye, het dienslewering en die stad se finansiële toestand versleg. Hy sê die mosie van wantroue is ʼn poging om Ekurhuleni van ineenstorting te red: