Voertuigverkope skitter in JanuarieFebruary 14, 2024
Die begin van 2024 toon ‘n belowende begin vir voertuigverkope. Volgens die makelaarshuis Simonis Storm se jongste verslag het verkope verlede maand die hoogste syfers vir die maand van Januarie sedert 2016 bereik, met 1 369 eenhede verkoop. Daar is 950 nuwe voertuie in Januarie verkoop, wat ‘n maand-op-maand toename van 13 persent merk vanaf die 841 eenhede wat in Desember verkoop is. Dit is ‘n 17,7 persent verhoging op ‘n jaargrondslag van die 807 eenhede wat in Januarie verlede jaar verkoop is.