Tjoklit sal duurder word…February 15, 2024

Gaar maar solank jou tjoklits op as jy ‘n soettand het. Wêreldwye kakaopryse het verlede week tot ‘n 46-jaar-hoogtepunt gestyg en met net meer as 31 persent sedert die begin van die jaar. Die styging word toegeskryf aan ongunstige weerstoestande en gewassiektes in Ghana en die Ivoorkus, wat sowat 60 persent van die wêreld se kakao voorsien. Oxford Economics in die Paarl sê dit is die derde jaar van onvoldoende globale aanbod en die meeste kommoditeitsontleders regoor die wêreldwyd verwag nie dat kakao-uitset op mediumtermyn sal verbeter nie. Verlede week het kakao-termynpryse tot 5 888 Amerikaanse dollar ‘n ton gestyg. Die vorige hoogtepunt was 4 663 dollar ‘n ton in Julie 1977.