Begroting: Sal Hage se plan vir pensioen deurgevoer word?February 15, 2024
Met die nasionale begroting wat in die nuus is, het vrae ontstaan oor of die plan deur die ontslape president Hage Geingob, dat die pensioentoelaag verder verhoog sal word, sal realiseer. Geingob het in sy Oujaarstoespraak gesê hy wil dit opstoot tot dalk 2 000 Namibiese dollar maandeliks. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê die besprekings is reeds gehou en sy hoop dit realiseer.