Sensus sluit af, geen veldwerkers sal verder besoek aflê nieFebruary 21, 2024
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die suksesvolle voltooiing van die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus-veldwerk aangekondig, wat begin het met die insameling van sensusdata op 18 September verlede jaar. Dit is afgesluit met veldbesoeke vir die sogenaamde “post enumeration survey”, genaamd die versoeningsoperasie, op 14 Februarie vanjaar. Die agentskap se skakelbeampte , Mirjam Shihepo, sê geen sensusveldwerkers sal meer by mense se huise opdaag nie.