D-dag vir kommentaar op Stampriet-akwifeer uraanbedrywighedeFebruary 22, 2024

Die sperdatum vir kommentaar op Uranium One se omgewingsimpakstudie vir toetsmynbedrywighede op die plaas Tripoli buite Leonardville, is môre. Sauma en boere in Namibië, Botswana en Suid-Afrika staan enige uraanontginning deur Uranium One en sy Namibiese filiaal Headspring Investments in die Stampriet-bekken teen. Die Stampriet-akwifeer strek tot in Botswana en Suid-Afrika, en inwoners is afhanklik van die water. Kirk Bassingthwaighte, ‘n boer in die Omaheke-streek, deel hul bekommernisse.