Biden slaag mediese toets, sonder kognitiewe toetsFebruary 29, 2024
Joe Biden is geskik vir diens, volgens sy dokter Kevin O’Conner wat die president se jaarlikse mediese ondersoek voltooi het. Die 81-jarige Biden het geen kognitiewe toets ondergaan nie. O’Connor sê Biden is ‘n gesonde, aktiewe, robuuste, 81-jarige man is wat die pligte van die presidensie suksesvol kan uitvoer. Na vrae oor die vermiste kognitiewe toets het die Withuis se perssekretaris Karine Jean-Pierre gesê Biden slaag elke dag ‘n kognitiewe toets as hy beweeg van een onderwerp na ‘n ander onderwerp.