Dollars en sente: Hier is hoe nuwe belastingdrempel jou raakFebruary 29, 2024

Die nuwe belastingkoers wat in die begroting aangekondig is, bly in die nuus. Die drempel vir inkomstebelasting op individue is verhoog vanaf die huidige 50 000 Namibiese dollar tot 100 000 dollar en alle individuele belastingbetalers sal vanaf 1 Maart vanjaar vrygestel word van die betaling van belasting op die eerste 100 000 dollar van hul inkomste. Gerda Brand, direkteur van belasting by Deloitte verduidelik wat dit in werklikheid beteken.