Vordering om SA van gryslys af te kryFebruary 29, 2024

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy maak vordering om kwessies te hanteer wat die Finansiële Aksietaakmag genoem het toe Suid-Afrika verlede jaar op die gryslys geplaas is. Volgens berigte het die land slegs vyf van die 23 sake hanteer wat nodig is om van die lys verwyder te word. Dit sluit ʼn omvattende strategie in om die finansiering van terrorisme te bekamp. Die hoof van die NVG se Batebeslagleggingseenheid, Ouma Rabaji-Rasethaba, sê hulle oorweeg om privaat regsfirmas en ondersoekers te betrek om die opbrengs van misdaad terug te kry, waarvan sommige buite die landsgrense was.