Vervoerprojekte van R60-miljoen in Kaapstad gestaak oor afpersingFebruary 29, 2024

Kaapstad sê hy het sewe stedelike vervoerprojekte gestaak weens afpersingsdreigemente. Dit het ‘n uitwerking op die ekonomie. Die projekte se waarde is sowat 60-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Vervoer, Rob Quintas, sê bykomende sekuriteit is ontplooi om die werkers te beskerm op projekte wat nié opgeskort is nie.