Talle dood, vermis weens Russiese hommeltuigMarch 2, 2024

Twee mense is dood, agt gewond en ses steeds vermis nadat ‘n Russiese hommeltuig  in ‘n woonstelblok in die Oekraïnse stad Odesa neergestort het. Agtien woonstelle is vernietig, het die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky gesê. ’n Video wat Zelensky geplaas het, wys ’n woonstelgebou met ’n stuk etlike verdiepings hoog daaruit geruk en redders wat skarrel.