Zim is op sy eie met sy skuld van N$160 miljardMarch 11, 2024

Ná verlede jaar se omstrede algemene verkiesings en politieke geweld, sê die VSA hy sal nie betrokke raak by die Afrika Ontwikkelingsbank se Zimbabwe-skuldgesprekke nie, ten minste nie totdat die land homself nie regruk nie. Zimbabwe skuld buitelandse krediteurs 160 miljard Namibiese dollar waarvan by 70 persent agterstallig is. By die laaste rondte vergaderings in Julie verlede jaar het bank se president Akinwumi Adesina gesê Zimbabwe se kwessies is nie net ekonomies of finansieel nie. Regering, oppergesag van die reg, menseregte, vryheid van spraak, gelyke politieke speelvelde en verkiesingshervormings was ook ‘n groot deel van die probleem.