Massaregistrasie vorder goedMarch 25, 2024

Die ministerie van binnelandse sake het 22 662 mense vir nasionale identiteitsdokumente geregistreer, ses weke sedert die massaregistrasie begin het. Die ministerie voer die veldtog sedert 5 Februarie uit. Dit loop 30 Julie tot ‘n einde. Volgens die ministerie-woordvoerder, Margaret Kalo, is meer registrasies in die Ohangwena-streek waargeneem met 3 516, gevolg deur Zambezi met 3 082, en Omaheke met 2 347. Intussen is Karas onderste met 973, Erongo met 1 012 en Otjozondjupa met 1 067.