Uitdagings om werksoekers te plaas in die soekligMay 3, 2024

Die arbeidsministerie kon in die eerste kwartaal van vanjaar slegs 17 werksoekers wat grade het, in poste plaas. Diegene met graad 7 het beter gedoen met 19 plasings en graad 10 en 11 het die meerderheid poste van die 352 gevul. Daar was 609 vakatures aangemeld en net meer as 3 760 werksoekers wat geregistreer is. Reaksie hierop is ontvang van Eben de Klerk, ‘n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing.