ANC bekommerd oor KZN verkiesingsuitslaeMay 31, 2024

Die ANC se eerste adjunkhoofsekretaris, Nomvula Mokonyane, sê sy hoop steeds vir ʼn volstrekte meerderheid. Die WNNR het gister gesê die ANC behoort 42-persent stemme te kry wat ʼn skerp daling is van sy 57,5-persent in die algemene verkiesing in 2019. Mokonyane sê hulle is bekommerd oor die uitslae in KwaZulu-Natal, waar die MK-party tans voorloop.