Ontsnapte troetel-donkie leef lekker saam met trop elkeJune 23, 2024
‘n Troetel-donkie wat vyf jaar gelede ontsnap het van sy eienaars in Kalifornië leef lekker saam met ‘n trop wilde elke. Terrie en Dave Drewry se donkie, Diesel, het in 2019 op ‘n staptog geskrik en laat spaander. Hulle het lank gesoek, maar die laaste keer wat Diesel op ‘n staproete-kamera gesien is, was ‘n paar maande later. ‘n Stapper het vroeër die maand die tevrede donkie opgemerk en ‘n video op sosiale media gepos. Die egpaar het Diesel herken maar besluit om die langoor in vrede in die natuur te los.