Glasgow Warriors skok Bulle in VRK-eindstrydJune 23, 2024
Rugby: Glasgow Warriors se indrukwekkende 21-16 inhaal-oorwinning gisteraand op Loftus het die Bulle geskok in ‘n opwindende Verenigde Rugby Kampioenskap-eindstryd. Glasgow, met die Suid-Afrikaner Franco Smith as afrigter, was rustyd 13-7 agter, maar ‘n vasberade poging in die tweede helfte het die skare stilgespeel. Die Bulle se drie is gedruk deur Marco van Staden. Dis verdoel deur Johan Goosen, wat ook met drie strafskoppe geslaag het. Glasgow se drieë is gedruk deur Scott Cummings, George Turner en Huw Jones, en al drie is verdoel deur George Horne.