Bangladesj steier onder vlaag slangbyteJune 23, 2024

Alle gesondheidsentrums en hospitale in Bangladesj is beveel om teengif in voorraad te hê na ‘n vlaag slangbyte regoor die land, veral deur die Russell-adder. Die slang, met knaagdiere as prooi, kom dikwels naby landbou-nedersettings voor. Wetenskaplikes glo die slang het aangepas by verskillende klimaatstoestande en kom nou in meer as 25 distrikte in Bangladesj voor. Nagenoeg sewe-duisend mense sterf elke jaar in Bangladesj aan slangbyte. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê slangbyte is ‘n afgeskeepte tropiese gevaar en maak optrede daarteen ‘n prioriteit.