Kunene by Ruacana vloei laagste die jaarJune 23, 2024

Die Namibië Hidrologiese Dienste sê in sy laaste vloedverslag van die seisoen al die land se groot riviere is steeds laag. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het afgeneem tot 1,38m. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu daal geleidelik en het 4,34m aangeteken, wat net effe hoër is as dieselfde tyd verlede jaar. Die Benede-Oranjerivier het by Blouputs en Sendelingsdrift ‘n vlak van onderskeidelik 0,38m en 0,55m aangeteken. Die Kunenerivier by Ruacana het die laagste vloei van die seisoen gemeet teen 118,8 kubieke meter per sekonde.