Norris skud McLaren-brand af, spring voor weg in SpanjeJune 23, 2024

Motorsport: Lando Norris het die drama van ‘n brand in sy McLarenspan se gasvryheidstent afgeskud vir “die beste ronde van sy lewe” waarmee hy Max Verstappen die voorste wegspringposisie ontneem het in die oefenrondes van die Spaanse Grand Prix. Norris het vir sy “wonderwerkronde” gesorg ondanks die stres van die brand. Lewis Hamilton is in die tweede ry, saam met sy Mercedesspanmaat George Russell. Saam met Charles Leclerc in die derde ry, is sy Ferrari-spanmaat en tuisgunsteling Carlos Sainz. Hulle spring drie-uur vanmiddag weg.