Oorsaak van reisiger se dood by King Shaka word nog ondersoekJune 24, 2024
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê ondersoek word ingestel na die dood van ‘n vroue-passasier op die King Shaka Internasionale Lughawe. Die reisiger het by hek A12 gesukkel om asem te haal voordat sy aan boord gegaan het op ‘n FlySafair-vlug na Johannesburg. Ondanks vinnige mediese noodreaksie is sy op die toneel dood verklaar. ACSA-woordvoerder, Tshililo Manenzhe, sê die oorsaak van haar dood word nog ondersoek.