Zambezi-goeweneur gesels oor grensveiligheidJune 24, 2024

Die Zambezi-streek ondervind al lank veiligheidskwessies sowel as heelwat veediefstalle. Alhoewel die veiligheidsituasie in die streek verbeter het, bly veediefstal ‘n groot probleem. Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu sê aan Kosmos 94.1 Nuus die oortreders kom hoofsaaklik van Zambië en omdat die streek lang grense het, is dit moeilik vir die Namibiese polisie om te patrolleer. Hy sê egter Nampol en die Zambiese polisie werk saam aan die kwessie.