Dogter, 11, ernstig aangerand deur stiefmaJune 24, 2024
Gevalle van kindermishandeling neem toe met gereelde berigte van kinders, sommige nog babas, wat gebrand word en ook geslaan word. Daar is ook gereeld beeldmateriaal van die misdaad. In die week se misdaadverslag sê die polisie dat ‘n stiefma haar 11-jarige stiefdogtertjie op Mondesa in Swakopmund met ‘n ysterpaal en besem geslaan het. Die kind is ernstig beseer maar die vrou is nog nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.