Eskom spreek oorlading in sekere dele aanJune 30, 2024
Eskom sê met die kouer weer en gepaardgaande toename in kragverbruik, werk hy aan oplossings vir die probleem van oorlading in sekere gebiede. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kwessie kan grootliks toegeskryf word aan onwettige verbindings, vandalisme, gepeuter met meters, ongemagtigde netwerkbedrywighede, die diefstal van netwerktoerusting en die aankoop van krag van ongelisensieerde verkopers: