Landbou-vennootskap met Chinese baie belangrikJune 30, 2024

Namibië het ‘n toekenning van 30 miljoen Namibiese dollar gekry deur ‘n gesamentlike poging van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en China, om boere te ondersteun met tegniese bystand, verbeterde tegnologie en opleidingsprogramme. Volgens die landbouministerie se skakelbeampte, Jona Musheko, sal boere kennis en hulpbronne verkry op gebiede soos grondvrugbaarheid, plantgesondheid, saadproduksie en pluimveeboerdery. Nog ‘n sleutelarea is grondverbetering. Die landbouministerie sal die projek lei en het ‘n nasionale projekbestuurskomitee gestig. Die komitee sal toesig hou oor die leiding, koördinering en ontplooiing van die 11 Chinese kundiges en drie tegnici wat aan die inisiatief toegewys is. Kosmos 94.1 Nuus het met Musheko gepraat oor die belangrikheid van die vennootskap.