Kernkragstasie te duur vir NamibiëJuly 4, 2024
Die gesprek oor ‘n kernkragstasie gaan steeds voort. By die Elektrisiteitsbeheeraad se aankondiging van die elekrisiteitstariewe is verskeie vrae aan die raad se bestuurders gevra. Een was oor die lewensvatbaarheid van kernkrag in die land. Johannes Petrus, die raad se waarnemende uitvoerende hoof, sê die kostes daaraan verbonde maak nie sin in Namibië nie.