Cosatu wil ook aanspreekliheid in VBS-skandaal hêJuly 14, 2024
Cosatu sê hy is onthuts deur openbarings in ‘n uitgelekte eedsverklaring deur die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifhiwa Matodzi, wat hooggeplaaste politici betrek. Hy is tot 15-jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Matodzi het skuldig gepleit op 33 aanklagte van diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery wat verband hou met die diefstal van meer as 1,9 miljard Suid-Afrikaanse rand uit VBS-bankrekenings. Cosatu vra owerhede om diegene wat betrokke was te vervolg, ongeag hulle posisies.