Groenskemas onder die loepJuly 14, 2024

Na die afsluiting van ‘n vier dae lange prestasie-oorsigwerkswinkel in Oshakati, het die landbouministerie se bestuur die Etunda groenskema-besproeiingsprojek besoek. Dit was om vertroud te word met verskeie ministeriële projekte in die noordelike kommunale gebiede. Die landbouministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het met die media gepraat.