Energie, elektrisiteit kniehalter SA-ekonomieJuly 14, 2024

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramakgopa, sê energie en elektrisiteit is die groot albatrosse wat die Suid-Afrikaanse ekonomie kniehalter. Ramakgopa het by die eerste kabinet-legotla van die regering van nasionale eenheid by die Sefako Makgatho presidensiële gastehuis in Pretoria gepraat. Hy sê die armes en mense wat in informele nedersettings woon vind dit uiters moeilik om die hoë elektrisiteitspryse en kragtariewe te bekostig.