Kontantloon van plaaswerkers styg in 2024July 14, 2024

Die Landbou Werkgewersvereniging het sy tweejaarlikse Loonverslag vir 2024 vrygestel, wat ‘n aansienlike toename in deelname toon, met data van 501 respondente wat 3 737 plaaswerkers dek. Die loonopname kyk na kontant en ander vergoeding omdat die plaaswerker situasie so uniek is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danie van Vuuren, die vereniging se uitvoerende hoof.