Kenner meen sluipmoordaanval op Trump sal hom weghol-oorwinning geeJuly 15, 2024
‘n Strateeg van die Amerikaanse Republikeinse party, John Thomas, sê die sluipmoordpoging op die presidentskandidaat, Donald Trump in Pennsilvanië is ‘n “oomblik van eenheid”. Thomas het aan Sky News gesê dit sal Trump waarskynlik tot ‘n “totale oorwinning” in November aanvuur. Hy sê mense oral in die land staan bankvas agter Trump, of hulle van hom hou of nie. Thomas prys die voormalige president vir die vuis wat hy omhoog gehou het na hy op ‘n verkiesingsaamtrek in die oor gewond is en “veg, veg, veg” gesê het, want hy het die grootsheid van die oomblik besef.