MK dank 20 LP’s afAugust 9, 2024

Die MK-party in Suid-Afrika het meer as 20 parlementslede afgedank met baie wat oorbluf en kwaad is. Volgens News24 is hulle onkant betrap deur die stap en beweer dis ‘n poging van partyleiers om plek te maak vir hulle eie bondgenote. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het bevestig beëindigingskennisgewings is van die party-sweep, Sihle Ngubane, ontvang. Sommige lede is oortuig partyleier, Jacob Zuma, is nie oor die besluit ingelig nie.