NEFF wil hoërhof toe oor deregistrasieAugust 9, 2024
Die Namibia Economic Freedom Fighters sê hulle gaan Hoërhof toe om hulle deregistrasie as politieke party te betwis. Die dringende aansoek wat die NEFF in die verband teen die Verkiesingskommissie van Namibië gebring het, is in die Verkiesingshof van die hand gewys. Adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager het met die kommissie saamgestem dat die hof nie jurisdiksie het om die saak aan te hoor nie. Die NEFF is gederegistreer vomdat hy versuim het om finansiële state betyds in te dien, soos vereis deur die Kieswet. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Longinus Iipumbu, die NEFF-onderleier, wat meer inligting gee.