Namcor dank Mulunga afAugust 9, 2024

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, en sy raad van direkteure het die beëindiging van die besturende direkteur Imms Mulunga se dienskontrak aangekondig, met onmiddellike ingang. Namcor sê in ‘n persverklaring die raad het breedvoerig beraadslaag oor ‘n saak van wangedrag waarby Mulunga betrokke was, waarna dit besluit het om sy kontrak te beëindig. Dit kom na Mulunga, wat sedert April 2023 met volle betaling geskors was, in ‘n onafhanklike dissiplinêre verhoor onskuldig bevind is op aanklagte van bedrog en dienskontrakbreuk. Die verhoor, onder leiding van voormalige appèlregter Gerhard Maritz, het beslis Namcor het versuim om te bewys dat Mulunga se optrede die maatskappy benadeel het.