Lof vir ECN met deregistrasie-stappeAugust 9, 2024

Nog reaksie word ontvang op die besluit van die Verkiesingshof om die saak van die Namibia Economic Freedom Fighters teen die Verkiesingskommissie van Namibië te verwerp. Die hof sê hy het nie jurisdiksie nie. Die party betwis sy deregistrasie en sê hy sal hom nou aan die hoërhof wend. Politieke ontleder, Rui Tyitende, het lof vir die kommissie se stappe en sê partye wat nie voldoen nie moet die gevolge dra.