Meer gesondheidswerker is nodig, gesprekke is beginAugust 9, 2024

Daar is ‘n ernstige tekort aan gesondheidswerkers om die land se toenemende bevolking te bedien. Unam neem slegs ‘n beperkte aantal studente jaarliks in, wat die aantal opgeleide gegradueerdes beperk. Judith Hall, die uitvoerende dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe en veeartsenykunde, sê hulle onderhandel met die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië om die studente-inname te verhoog.