Groot hoeveelhede dwelms in Julie gevindAugust 9, 2024

Die Namibiese polisie sê hy het in Julie amper 745 kilogram dagga gekonfiskeer met 850 Mandrax-tablette sowel as 123,5 gram kokaïen. Die mag het ook beslag gelê op 97 eenhede crack-kokaïen. In die verband is 130 verdagtes gearresteer wat 120 Namibiërs, drie Zambiërs asook drie Botswana-burgers, en een elk van die DRK, Burundi, Tanzanië en Zimbabwe insluit. Terwyl die mag nie daarvan melding maak nie, is die meerderheid van die beslagleggings aan die kus deur die Erongo-polisie gedoen.