Wetsontwerp in Irak wek kommer oor vroueregteAugust 9, 2024
Regte-groepe is ontsteld oor ‘n wetsontwerp wat ingedien is in die parlement in Irak wat hulle vrees vroureregte kan omkeer en minderjarige huwelike in die diep-patriargale samelewing kan laat toeneem. Die wetsontwerp sal burgers toelaat om te kies tussen godsdienstige owerhede of die burgerlike regbank om uitspraak te lewer oor gesinsake. Kritici vrees dit sal lei tot die skrapping van regte in erf-sake, egskeidings en kindertoesig. Hulle is veral bekommerd dit sal in werklikheid ontslae raak van die minimum ouderdom waarop Moslemmeisies mag trou. Dit is in die Wet op Persoonlike Status van 1959 bepaal as 18.