Amushelelo soek sy goed terug, sal appelleerAugust 9, 2024

Plaaslike media berig dat Michael Amushelelo sal appelleer teen die hof-uitspraak waar bewaringsbevele vir sy bates aan die aanklaer-generaal toegestaan is. Martha Imalwa se kantoor het bevele vir agt luukse voertuie sowel as 13 verskillende bankrekenings bekom. Die voertuie sluit in Audi’s, Mercedes-Benz, BMW en Range Rover modelle. Die aansoek het te doen met die vermeende geldwassery waarvoor Amushelelo aangekla is, wat nog in die hoërhof afgehandel moet word. Sy prokureur Joseph Andreas het die appèl aansoek bevestig.