6 000 van Khp-buitewyke kry voedselhulp, nog 2 000 vraAugust 11, 2024

Inwoners van Keetmanshoop wat in buitestedelike gebiede woon, het dankbaarheid uitgespreek vir die ontvangs van kospakkies ingevolge die regering se droogtehulpprogram. Die hoof administratiewe beampte vir die stedelike-kiesafdeling Vincent !Goraseb sê sowat 6 000 inwoners het geregistreer vir voedselhulp. Toe die pakkies die eerste keer die week uitgegee is het nog 2 000 inwoners kom pleit vir hulp maar, hulle kon nie meer registreer nie. !Goraseb sê terwyl voedselhulp vir landelike gebiede bestem is, het stedelike inwoners net soveel nood.